Hoërskool Piet Retief lewer aan die brand opedag

Woensdag, 8 September 2010!! ’n Dag om te onthou vir elke gr.7-leerder! Met groot ogies en klein kniekoppies het hul die eerste tree in hulle hoërskoolloopbaan gegee! WHOOOOHOOOO!

Die Uitvoerende Raad 2011 het dit op hulleself geneem om hierdie leerders rigting te gee in die lewe. In die saal was hulle vasgenaal aan hulle stoele toe die Kultuur Raad hulleself op ’n kleurvolle, unieke en entoesiastiese manier voorgestel het! Hulle het vir almal gewys wat rêrig-êrig agter die skerms van ou Hoërskool Piet Retief gebeur!
Picture
Ek is seker daarvan almal was toe al oortuig dat hulle ’n Pietie wou wees!