Hoërskool Piet Retief lewer aan die brand opedag

Woensdag, 8 September 2010!! ’n Dag om te onthou vir elke gr.7-leerder! Met groot ogies en klein kniekoppies het hul die eerste tree in hulle hoërskoolloopbaan gegee! WHOOOOHOOOO!

Die Uitvoerende Raad 2011 het dit op hulleself geneem om hierdie leerders rigting te gee in die lewe. In die saal was hulle vasgenaal aan hulle stoele toe die Kultuur Raad hulleself op ’n kleurvolle, unieke en entoesiastiese manier voorgestel het! Hulle het vir almal gewys wat rêrig-êrig agter die skerms van ou Hoërskool Piet Retief gebeur!
Picture
Ek is seker daarvan almal was toe al oortuig dat hulle ’n Pietie wou wees!
The Gr 8’s of 2011 were shown what to expect at Piet Retief High School at our Open Day. Let’s listen to the choir: “We are walking in the light of God
Daarna het die Sosiale Raad die verhoog oorgeneem ,met die doel om elke gr.7-leerder die “wil te gee om te lewe”! En hulle het dit leë-hande reggekry! Hulle weergawe van ’n detensiesessie het almal op die voorpunt van hulle stoele gehad! Die gr.7’s moes reeds hulle “biscuits skud” ! Nadat die gr.7’s die “sosiale eed ” afgelê het, was ons verseker dat hulle ware Pietie-materiaal was!
Met dramatiese effek en gesag het die Sport Raad die verhoog opgemarseer! OP AAAAANDAG! Die voornemende standerd sesse het “gewatch” en “gelearn” met die wete dat ook hulle binnekort in groen en goud sou pronk! Na afloop van ’n Haka is die leerders op ’n toer deur die “Pietite-ryk” geneem om ‘n “sneak preview” te kry van DIT wat voorlê! AREASTA PIETIES! Die dag was suksesvol en hope pret-pret-pret! Wie wil na so ’n dag nie deel wees van die legendariese Hoërskool Piet Retief nie????? ****
Picture
Ons het die Ope Dag verskriklike baie geniet en so  ook die Gr 7’s !!!
Sit back and enjoy our day with us.
Executive Council 2011

 
 
 


Comments


Your comment will be posted after it is approved.


Leave a Reply