"AMPER-TE-GOED-OM-WAAR-TE-WEES"
Op die 13de en 14de Oktober het ons konsert gehou en dit was regtig  "amper-te-goed-om-waar-te-wees" so mooi was dit. Wat dit wel was, was dat dit 'n REUSE SUKSES was.
Met weke se beplanning, oefen, dekor bou en kostuums maak kon dit ook nie anders as om glad te verloop nie.

Kyk net hoe is ons onnies aan die spook:
Elke kleuter het so spoggerig gelyk in hul  kleurvolle kostuums
Om te sien kliek net:
 
 
 
Rinkel-Krinkel Kleuterskool is aanlyn
Rinkel-Krinkel Kleuterskool verwelkom almal op ons nuwe "website"
Die Kleuterskool gaan ouers en besoekers gereeld inlig oor die nuutste programme en inligting gee oor aktiwiteite by ons skool. O, ja en tonne fotos van wat elke dag gebeur met jou kind by die skool. Hier is 'n voorsmakie:


Die Kleuterskool sluit Donderdag, 23 September 2010 om 11h00 en open
Maandag, 4 Oktober 2010 0m 7h00 

KLEUTERSKOOL KONSERT 2010:
Kaartjies is beskikbaar by Helma by die die kleuterskool vir die konsert.
13 Oktober 2010 is stoele in rye vir die konsert.
14 Oktober 2010 is gala aand met tafels saam met kerrie en rys.
Gradeplegtigheid vind die aand van die 14de Oktober plaas, die aand met die konsert

Kleutertjies moet lekker rus die vakansie want ons konsertjie is op hande

Konsert groete
Rinkel-Krinkel Persneel
 

    Categories

    All
    Rinkel Krinkel Aanlyn

    Archives

    October 2010
    September 2010