ONS HOU KONSERT!! 10/20/2010
"AMPER-TE-GOED-OM-WAAR-TE-WEES" Op die 13de en 14de Oktober het ons konsert gehou en dit was regtig "amper-te-goed-om-waar-te-wees" so mooi was dit. Wat dit wel was, was dat dit 'n REUSE SUKSES was. Met weke se beplanning, oefen, dekor bou en kostuums maak kon dit ook nie anders as om glad te verloop nie. Kyk net hoe is ons onnies aan die spook: Elke kleuter het so spoggerig gelyk in hul kleurvolle kostuums Om te sien kliek net: Gomtor en Pou steel die harte met hul koddige segoed. Fynmaryn en haar feetjies het die slegte oorwin met die tik van haar towerstaf Die kleuterskool se dankie met "n dankbare hart teenoor die posetiewe gesindheid van ons ouers en die publiek wat ons ondersteun het. Algemeen >Die kleuter skool doen die kerstema tot die skole sluit. >Die kleuterskool sluit die 26ste November(Vrydag) om 11:00. >Rapporte sal uitgedeel word die week van die 22ste November. Sit nou terug en kyk net na al die oulike gesiggies: LOS ASSEBLIEF 'N BOODSKAP! Comments Your comment will be posted after it is approved. Leave a Reply |
















