Elfieland:  Hoogtepunte van die jaar!
Baie welkom aan alle aanlyn-besoekers. Ons gaan vir u vertel wat by ELFIELAND gebeur asook so veel as moontlik foto's laai sodat u kan deel in ons  kleuters se groei en onwikkeling.

Die Graad R  of ons Rooi Klas het reeds in die 2de kwartaal al begin klanke aanleer. Elke Vrydag het hulle die geleentheid gekry om hulle eie inisiatief te gebruik om iets saam te bring, of om soos die week se klank aan te trek.
En so het hulle speel-speel geleer om te klank.

Vir nog meer aktiwiteite kliek  "Read more"
Ons Atletiek het net soveel pret en plesier verskaf!
Die Elfies vanaf die GEEL Klas (2 - 3-jariges) tot die ROOI Klas (5-6-jariges) deelgeneem. Elke kind het hul eie medalje op die Rostrum ontvang en wat die medalje ekstra-spesiaal gemaak het, is die feit dat hulle dit self met Bak en Brou aanmekaar geslaan het. 
Valentynsdag is altyd spesiaal. Elfieland kleuters het almal rooi aangetrek en ons het op die dag hartjie-kolwyntjies gemaak.
Twee keer per week sit die Juffrou aan diens Fantasie klere gedurende Vryspel buite. Juffrou Marie het die spesifieke dag die kinders bederf met 'n lekkerny. Hulle het
SPUR-SPUR gefantaseer en kon 'n geleentheid kry om die kliente te bedien of om self  te sit en hulle bestelling te neem. Op die die spyskaart was rooibostee en melktert .....
Ons Plaas-uitstappie by Paul Mouton was net so 'n groot sukses. Die kinders het onder andere gesien hoe koeie gemelk word, vars beesmelk geproe, 'n kalfie met 'n bottel melk gegee en sommige kinders kon nie glo hoe stink dit by die varke nie. 

Ons uitstappie is afgesluit by Mev. Steenekamp, waar die kinders meer van perde geleer het en het hulle ook die geleentheid gekry het om die bokkke te voer. 
Gedurende die Sokkergees wat in SA geheers het, het Elfieland ook van die geleentheid gebruik gemaak om die kinders bloot te stel aan sokker en die reels. Elke klas is in vier spanne opgedeel waarna hulle teen mekaar gespeel het. Met die gejuig van kinderstemme en die blaas van vuvuzelas, het dit kompleet geklink of ons by ‘n regte sokkerwedstryd is.
Een van ons temas hierdie jaar was Weermag.
Die tweede Vrydag van die tema, het die kinders soos regte soldate aangetrek en het die ons die  kinders se gesigte vir hulle gekamoefleer. Daar was niks verkeerd met die kinders se verbeelding nie en daar is selfs 'n paar "beseerdes' na die hospitaal geneem om verpleeg te word.
Disney Book Club
Soos julle kan sien is ons baie besig by ons skool. Hier is sommer nog 'n paar oulike fotos.
Skryf vir ons ' bietjie kommentaar as u wil:
 


Comments




Leave a Reply